Friday, February 04, 2011

Ai...

As daar nou een ding is wat my grensloos irriteer, is dit hoe mense kla oor die weer. As dit warm is, kla almal. En as dit koud is, kla almal daaroor ook. As die wind waai is almal ontevrede. Almal wens dit wil reën wanneer dit vir 'n ruk nie gereën het nie. En as dit dan reën, dan kla hulle dit moet ophou!

Dit help nie om te kla oor dinge waaroor ons geen beheer het nie, mense! Trek nog 'n trui aan of koop vir jou 'n sambreel. Vat wat jy kry en kla eerder oor iets wat saakmaak....iewers anders...waar ek dit nie kan hoor nie. Dankie en totsiens.

No comments: